![]() |
||||
|
tuisblad MEER OOR ons abbey meneer mack FOTO'S mense argitektuur brûe suid-afrika KONTAK kontak ons |
|
Meer oor Hoe Ons in Amerika Beland HetOf jy nou glo in God, geluk, Buddha of 'n universeel voorafbepaalde lewenspad, die noodlot het 'n manier om 'n mens onverhoeds te vang. Ek sou nooit kon voorspel dat my broer met sy meisie van hoërskooldae sou trou en vir altyd gelukkig sou saamlewe nie, dat ek my sielsmaat op Nuweland (van alle plekke!) sou raakloop, dat my beste vriende uit my skooldae sou trou, of dat die finansiële dienste maatskappy by wie ek gewerk het, vriendskappe met 'n band sterker as 'n susterskap in my lewe sou bring en minste van als, dat ek eendag Amerika my tuiste sou noem nie.
As 12de generasie Suid-Afrikaners—van Duitse, Nederlandse en Skandinawiese stamvaders—het die Verenigde State nie juis as die logiese eerste keuse uitgestaan nie. Maar die VSA se "Greencard Lottery" in 2000 het ons lewens onherroeplik verander. By e.tv in Kaapstad was Dawid altyd in sy element agter die 32-kanaal uitsaai audio mengbank (hier afgeneem saam met voormalige kollega, Alli). Deesdae verswelg sy werk hom nie meer nie. Hy skep ontwerper-meubels, fiets in die woud of by die rivier, sny die gras met 'n trekker, kap hout vir die winter, luister na musiek, of studeer vir 'n rekenaar-eksamen.
Anders as baie mense wat hulle geboorteland nalaat op soek na ryker geleenthede, was ons roeping om oor te begin, grootliks gebaseer op 'n behoefte om meer van die wêreld te sien en om Suid-Afrika en ons herkoms in konteks te sien. Met meer as 8,000 myl tussen ons en ons geboorteland, het ons 'n nuutgevonde bewondering en waardering vir die naelstring wat ons bind aan Afrika se onbegryplik-wye bergvistas, die eindelose blou lug en die wind wat die oseaan deurmekaarskommel.
Selfs al is ons fisiek ver van familie en vriende, vind ons nuwe maniere om die spieëls vir mekaar se lewens omhoog te hou. Gewapen met 'n blitsige kabel internet konneksie, 'n "webcam," digitale kamera en "instant messaging" vermoëns, voel ons nader as wat ons ooit kon gedroom het.
'n Voormalige Suid-Afrikaanse kollega het een slag gewaarsku dat ons sou sukkel om 'n verlate, stil plek te vind waarvandaan ons kan sterre kyk. Weereens het die noodlot tussenbeide getree en bly ons nou in stille afsondering, omring deur een van die mees digbevolkste metropolitaanse gebiede in die Verenigde State. |
|
BESKERMDE AREA foto’s videos nuusbriewe brief argief
|
| tuisblad ons abbey mnr mack mense argitektuur brûe suid-afrika kontak ons | ||||
| Alle materiaal © 2004 — Alle regte voorbehou | ||||