![]() |
||||
|
tuisblad MEER OOR ons abbey meneer mack FOTO'S mense argitektuur brûe suid-afrika KONTAK kontak ons |
|
Meneer MackMack, die sagmoedige Skotse Terrier, het ons lewens in Junie 2004 kom verryk. Die Humane League van Lancaster County het hom gered van 'n "puppy mill" in Pennsylvania. Die Amerikaners verwys na 'n agterplaas boerdery met honde as 'n "puppy mill". Nadat hy vir 'n kort rukkie by uitstekende pleeg"ouers" in May’s Landing, New Jersey, gebly het, het die Skotse Terrier Klub van Greater New York hom aan ons toevertrou. Ons dank aan die koördineerders, Jim en Linda Cook, en Erica Cerny, vir hulle toewyding om Sotties soos Mack 'n kans op 'n nuwe lewe te gee. Hulle deel steeds in Mack se vordering en gee voortdurend raad. Mnr. Mack het kort na sy aankoms op die plaas sy stem gevind, die trappe na die boonste vloer van ons huis bemeester, en weet al mooi om op die huis af te storm wanneer ons in Engels roep, "TREAT!"
Volgens die veearts is hy tussen ses en agt jaar oud. Hy het egter die energie, lewenslus en spelerigheid van 'n baba hondjie. Behalwe dat hy gereeld chipmunks, eekhorings, bokkies en gophers jaag, is sy gunsteling tydverdryf om die wêreld vanaf die "bay window" of vensterbank gade te slaan. Hy is ook versot op sy speelgoedwortel en geniet dit om gelyk met 'n menigte tennisballe te speel.
Meneer Mack loop vry rond op die plaas, en wanneer die weer lekker is, spandeer hy ure om die uithoeke van die plaas te patrolleer en klein gediertes te jag. Hy kom elke nou en dan huis toe om te verseker dat almal en alles steeds is waar hy hulle/dit gelaat het. Hierdie Skot, met die onmoontlike kort beentjies, is reeds 'n toeris van formaat. In die pas afgelope maande het hy die Finger Lakes, Niagara Valle, Lake Ontario, die Green Mountains van Vermont, die White Mountains van New Hampshire, Acadia Nasionale Park in Maine en Boston, Massachusetts ontdek. ![]() ![]() ![]()
|
|
BESKERMDE AREA foto’s videos nuusbriewe brief argief ![]()
|
| tuisblad ons abbey mnr mack mense argitektuur brûe suid-afrika kontak ons | ||||
| Alle materiaal © 2004 — Alle regte voorbehou | ||||