![]() |
||||
|
tuisblad MEER OOR ons abbey meneer mack FOTO'S mense argitektuur brûe suid-afrika KONTAK kontak ons |
|
Ons Gunsteling BrûeHopelik sal ons kort voor lank die Le Ponte de Normandie in Le Havre, Frankryk, die Sydney Harbour brug en die Golden Gate brug in San Francisco kan besoek.
Die Manhattan Brug is geopen vir verkeer op die laaste dag van 1909. Dit verbind die westelike deel van Brooklyn met die suid-oostelike deel van Manhattan en word gereeld as 'n alternatief vir die Brooklyn brug gebruik. Die brug dra sewe verkeerslane en vier treinspore. In 2004 is 'n nuwe pad, uitsluitlik vir fietse, geopen op die Manhattan Brug. Anders as meeste ander brûe in die metropolitaanse gebied, word geen tolgeld gehef om hierdie brug per motor oor te steek nie.
Die Brooklyn Brug, geopen in 1883, bied 'n asemrowende uitsig op die East River, die hawe en downtown Manhattan. Die dek, wat motorverkeer en voetgangers tussen Manhattan en Brooklyn dra, rus op net vier kabels. 'n Kenmerkende aspek van die brug is die breë promenade bo die pad, wat dikwels deur voetgangers en fietsryers gebruik word.
Die Verrazano Narrows brug verbind Brooklyn met Manhattan en is vernoem na Giovanni da Verrazano. Hy was die eerste Europeër in die opgetekende geskiedenis wat in 1524 die New York hawe binnegevaar het.Hierdie foto is in die gietende reën met behulp van 'n Sony digitale kamera vanuit 'n bewegende motor geneem.
'n Wye uitsig op die Verrazano Narrows, wat 12 lane verkeer op twee dekke dra. Die 13,700 voet lange brug is vir verkeer geopen in November 1964. Dit het die langste span van enige hangbrug in Noord-Amerika. Meer as 60 miljoen voertuie ry per jaar oor hierdie brug.
Die Tappan Zee Brug, een van die langste brûe in Amerika, is gebou bo-oor die Hudsonrivier en is ongeveer 13 myl noord van Manhattan geleë. Die brug se naam is afgelei van die Tappan stam van Amerikaanse imboorlinge "Native Americans," wat in die area gebly het en die Nederlandse woord vir see (zee).
Hierdie 3.1 myl lange brug is sedert die laat tagtigerjare die tuiste van Peregrine valke. Die Thruway Authority het amper twee dekades gelede die bokse, wat vir neste gebruik word, geïnstalleer op die brug se staaldakraamwerk.
Die Leonard P. Zakim Bunker Hill Brug is die wydste kabel-versterkte brug in die wêreld, en die eerste in die Verenigde State met 'n asimetriese hibriede ontwerp.
Hierdie brug, geleë in downtown Boston, MA, het twee obeliskvormige torings van beton wat die nabygeleë Bunker Hill Monument weerspieël. Dié tien-laan brug is in Maart 2003 geopen. |
|
BESKERMDE AREA foto’s videos nuusbriewe brief argief |
| tuisblad ons abbey mnr mack mense argitektuur brûe suid-afrika kontak ons | ||||
| Alle materiaal © 2004 — Alle regte voorbehou | ||||