![]() |
||||
|
tuisblad MEER OOR ons abbey meneer mack FOTO'S mense argitektuur brûe suid-afrika KONTAK kontak ons |
|
'n Paar van die Mensdom se Mooiste Geboue
Die Lincoln MemorialDie Lincoln Memorial in Washington, D.C. het 36 Doric suile (kolomme), een vir elk van die Amerikaanse state ten tyde van Abraham Lincoln se dood. Die mure en kolomme is van Colorado Yule marmer, terwyl die plafon se Alabama marmer met paraffien versorg is om dit amper deurskynend te laat lyk.Daniel Chester French se bekende marmer standbeeld van die VSA se sestiende president is in die middel van die monument. Argitek: Henry Bacon.
Die Chrysler GebouDie vlekvrye staal spitspunt van die Chrysler gebou deurboor die Manhattan lug op 'n hoogte van 1046 voet. In November 1929 is die spits in die geheim aan die binnekant van die toring aanmekaargesit en onthul 'n week na die konstruksie aan Manhattan se splinternuwe en hoogste wolkekrabber, die Bank van Manhattan, voltooi is.
Tot die publiek se verbasing, is die vlekvrye staal spits van die Chrysler gebou vanuit die bopunt van die toring opgehys en blitsvinnig sekuur vasgemaak. Binne die bestek van 90 minute was die Chrysler gebou die wêreld se hoogste wolkekrabber; selfs 22 voet hoër as die Eiffel Toring. Hierdie Art Deco gebou was vir minder as 'n jaar die wêreld se hoogste wolkekrabber, voor die Empire State dit oortref het. Argitek: William Van Alen.
Die US CapitolDie Verenigde State se Capitol gebou, geleë in Washington, D.C., is al vir amper twee eeue die Senaat en Huis van Verteenwoordigers se tuiste. Die gegote yster koepel het 108 vensters en bied 'n asemrowende uitsig oor die lengte van die Mall na die Washington Monument en die Lincoln Memorial. Hierdie 19de eeuse neoklassieke gebou lê bo-op 'n plato, amper 90 voet bo die vlak van die Potomac Rivier.
Argitekte en ontwerpers: |
|
BESKERMDE AREA foto’s videos nuusbriewe brief argief ![]()
|
| tuisblad ons abbey mnr mack mense argitektuur brûe suid-afrika kontak ons | ||||
| Alle materiaal © 2004 — Alle regte voorbehou | ||||